• About

  • Waar ware rykdom lê:

    admin on October 11th, 2007 | Filed under Uncategorized

    Daar word soveel keer gepraat oor rykdom. Mense verwar dit so dikwels met geld. En dit is tragies. In my opinie is daar soveel Rykdom opgesluit in elkeen van ons, al wat ons nodig het is om net weer ons oë oop te maak, en ons verbeelding te gebruik.

    In hierdie week se potgooi deel ek my herinneringe aan ‘n goeie vriend, slap tjips en wors - die enigste dinge wat nodig is om waarlik ryk te wees. Veral as mens ‘n kind is, en jou verbeelding sonder perke!

    Lekker week

    Groete

    Igno

    icon for podpress  Ware Rykdom [3:00m]: Download (420)
    1 Comment »

    Die Towerkrag van Stories

    admin on September 27th, 2007 | Filed under Blogroll

    Win a trip to Mauritius

    Hallo Daar en Welkom by Sandsteenpraatjies!

     

    Ek het in die wonderlike Oos Vrystaat groot geword - en die egtheid van Sandsteen en menswees as kind ervaar. Sandsteen is van die mooiste rots, veral teen sonsondergang wanneer dit met die pienk en geel van die natuur verening om die mooiste lig vir foto’s en die spieels van die siel te bied. Hoewel hierdie sandsteenklippe sterk staan, en karakter verleen aan die omgewing, is hulle ook op ‘n manier broos. Sag selfs. En word dikwels opgekap om kliphuise, skure en store te bou. Dis hierdie karaktervaste dog sensitiewe eienskappe van sandsteen wat ek hoop om in Sandsteenpraatjies vas te vang. DIe meeste van hierdie stories het in die VRYSTAAT koerant in Bethlehem verskyn. Ander stories was deel van die reeks KIEKIES wat ek vir die PASSI tydskrif geskryf het. Ek hoop julle geniet my voorlesings, en voel vry om dit met enige persoon te deel. Die cd is ook beskikbaar en kan teen R75.00 (Suid-Afrika) bestel word deur my te kontak by 083 376 1330.

     

    Die eerste potgooi handel oor die krag van stories. Vandag besef selfs groot maatskappy die mag van stories. In ‘n konstant veranderende omgewing bied stories substansie, trots en hoop! As onderwyser jare gelede het ek besef dat elke goeie les altyd ‘n storie in het. Die vak maak nie saak nie. Die storie wel!

     

    Luister gerus!

     

    En ons praat weer volgende week!

     

    Sandsteengroete

     

    Igno

     

     

     
    icon for podpress  Die Towerkrag van Stories [2:55m]: Play Now | Play in Popup | Download (355)
    1 Comment »